Karia van Tonder
Dorp/Stad waar jy woon:
Paarl
Beroep:
Voltydse Mamma
Hoekom skryf jy in vir SARIE Voorbladgesig?:
Dare to dream, dare to live! ✨
Hierdie is die woorde wat ek nege maande gelede besluit het om nie net te sê nie, maar werklik uit te leef. Ná die geboorte van my dogtertjie het my wêreld heeltemal verander. Ek was knie-diep in alles wat nuut en onbekend was — slapelose nagte, borsvoeding, onsekerhede en die emosionele rollercoaster van nuwe moederskap. Dinge wat ek altyd as vanselfsprekend aanvaar het, het skielik uitdagend gevoel.
Tussen al die rolle en verantwoordelikhede het ek êrens langs die pad ‘n stukkie van “Karia” verloor.
Ná my dogtertjie se eerste verjaarsdag het iets in my verander. Ek het besluit om weer myself te kies — nie omdat ek minder mamma wil wees nie, maar omdat ek die beste weergawe van myself vir haar én vir myself wil wees.
Lang storie kort…
Ek is 45kg ligter, gesonder, sterker en meer selfversekerd as ooit tevore. Maar die grootste verandering het nie net fisies gebeur nie — dit het binne my gebeur. Ek kyk nou deur nuwe oë na die lewe. Ek kies groei. Ek kies uitdagings. Ek kies om meer te waag, want wie nie waag nie, wen nie.
Sou die ou ek ooit vir die SARIE-voorbladkompetisie ingeskryf het? Beslis nie. Maar vandag gryp ek nuwe geleenthede met albei hande aan — al maak dit my bang.
Volg my journey op Instagram @TheKariaEdit terwyl ek myself uitdaag, groei, leer en die lewe voller leef. Motiveer my wanneer jy my sien knie-diep in ‘n nuwe uitdaging… en kom leef ‘n bietjie saam met my, elke dag. 🤍
Jou gunsteling-woord in Afrikaans?:
Mooiweerskind
3 woorde wat jou goed opsom:
Gedrewe, Lojaal, Vreesloos
