Nadia Bath

Dorp/Stad waar jy woon:

Durbanville

Beroep:

Personal operations and lifestyle manager

Hoekom skryf jy in vir SARIE Voorbladgesig?:

Ek het in 2015 vir die eerste keer ingeskryf, maar as ek eerlik is, was ek toe nog besig om myself te ondek. Ek het nog nie heeltemal geweer wie ek is of wat ek na die wereld bring nie. Hierdie jaar voel anders. Ek skryf in as 'n vrou wat nie meer haar plek soek nie, maar dit met selfvetroue inneem. Iemand wat in lyn is met wie sy is, nie net in haar werk nie, maar ook in haar lewe. Ek het geleer om nie net vir ander te gee nie, maar ook vir myself ruimte te maak om te groei, te rus en weer my eie vonk te vind. SARIE Voorbladgesig gaan vir my nie net oor hoe jy lyk nie, maar oor jou teenwoordigheid, oor die energie wat jy bring en hoe jy ander mense laat voel. Ek weet wat ek bring: warmte, opregheid, energie en 'n opregte begeerte om mense se lewens beter te maak. En as my storie of teenwoordigheid selfs net een vrou kan laat glo in haar eie waarde en potentiaal, dan weet ek ek doen presies waarvoor ek hier is, want dalk is dit presies wat 'n voorblad nodig het, nie net 'n mooi gesig nie, maar 'n vrou met inpak.

Jou gunsteling-woord in Afrikaans?:

nou-nou

3 woorde wat jou goed opsom:

Aansteeklik, Warm, Opbouend

Hou van wat jy sien?

Deel op Sosiale Media