Marieke Ferreira

Dorp/Stad waar jy woon:

Patensie

Beroep:

Prokureur

Hoekom skryf jy in vir SARIE Voorbladgesig?:

My ma het my ingeskryf vir SARIE Voorbladgesig. Ek wou aanvanklik niks daarvan weet nie; ek is self 'n mamma en wanneer ek na my pragtige drie kinders kyk, is ek in my liefde vir hulle absoluut oortuig daarvan dat hulle ENIGIETS sal kan vermag wat hulle harte begeer, moontlik eendag ruimtevaarders, wêreldreisigers, skoonheidskoninginne, spesialiste en Springbokrugbyspelers, maar natuurlik besef ek dat ek, as hulle mamma, beslis nie objektief is nie! Daarom weet ek my eie moederlief is natuurlik ook nie objektief oor MY nie. Ek is 'n mamma, 'n boervrou vir my gunsteling mens, my man Myburg, 'n vriendin, 'n dogter, 'n prokureur en 'n trotse lid van die kosbare gemeenskap van die Gamtoosvallei in Patensie. Op 7 Mei vanjaar, toe ek nog oortuig was daarvan dat ek nie die inskrywing vir SARIE Voorbladgesig sou deursien nie, is ons besondere Vallei getref deur die mees vernietigende vloed in ons geskiedenis. Onder absoluut vernietigende omstandighede is ek, soos vele kere vantevore, stomgeslaan deur die goedheid van mense, deur die vermoë van ons Vallei-inwoners om mekaar te dra en ondersteun, ten spyte van elkeen se eie reuse verliese en ook die oorweldigende broosheid van die lewe. Ek is op 'n tasbare wyse daaraan herinner dat 'n koppie koffie op die gas, 'n bord kos aanmekaar gelap met dit wat nie weggespoel het nie en lekker lag WONDERS verrig. Die lewe is heeltemal te kort en daarom het ek besluit…SARIE Voorbladgesig…dit is NOU of NOOIT.

Jou gunsteling-woord in Afrikaans?:

Verkneukel

3 woorde wat jou goed opsom:

Lojaal, Jolig, Positief

Hou van wat jy sien?

Deel op Sosiale Media