Magdalize Myburgh
Dorp/Stad waar jy woon:
Durbanville, Cape Town
Beroep:
Grimeerkunstenaar
Hoekom skryf jy in vir SARIE Voorbladgesig?:
Vanaf ek kan onthou het ek geweet ek wil eendag soos Prinses Charlene of Charlize Theron ook van 'n klein nederige begin vir myself 'n naam maak. Ek beskou nog altyd Sarie Tydskrif as n ikoon in die afrikaanse mode wêreld en Sarie Voorblad kompetisie is n uitstekende platform om hierdie droom te bereik.
In 2021 was ek in die top 5 van Sarie se Nuwe Gesig kompetisie en dit was 'n fantastiese ervaring. Nou dat ek ouer is voel ek meer ervare en volwasse om weer 'n kans te waag op my droom.
Jou gunsteling-woord in Afrikaans?:
Vergiettes
3 woorde wat jou goed opsom:
Nuuskierig, Joviaal, Goedhartig
