Elizna Casey
Dorp/Stad waar jy woon:
Gauteng
Beroep:
Algemene Bestuurder
Hoekom skryf jy in vir SARIE Voorbladgesig?:
Dit is die eerste jaar wat ek inskryf vir Sarie se voorbladgesig.
Ek is besig om 'n boek oor my lewe te skryf, almal van ons het 'n storie om te vertel.
Ek het groot geword in 'n gebroke huis, ek is 'n tweeling en het 'n verstandelike gestremde sussie. Ons het ons Pa verloor toe ons nog jonk was.
Deur al die swaar wat ek gehad het as kind het ek altyd gewens daar is meer mense wat bystand kan bied. Ek streef om 'n verskil te maak elke dag. Ek wil 'n motiverende spreker wees en ek wil vir jong mense raad gee hoe om bo uit te kom, ten spyte van jou omstandighede. Wat ek geleer het die afgelope 10 jaar wens ek, ek kon leer in skool. Daar is nie genoeg "life coaching" in skole nie en tog is dit die plek waar jy voorberei vir die grootmens wereld. Ek wil meer beswustheid bring oor wat gedoen moet word om meer steun te bied aan jong mense. Deur al die moeilke tye in my lewe het ek daardie pyn gebruik as motivering en het verskeie mylpale behaal. Om op die voorblad te wees sal my visie en stem 'n hupstoot gee.
Ek wil meer van 'n verskil maak.
Jou gunsteling-woord in Afrikaans?:
Subliem
3 woorde wat jou goed opsom:
Vriendelik, Lewendig, Uitdagend
