Delané Potgieter
Dorp/Stad waar jy woon:
Stellenbosch
Beroep:
Stellenbosch BA Drama & Teater Studies 2de-jaar student
Hoekom skryf jy in vir SARIE Voorbladgesig?:
Ek skryf in omdat ek gewag het vir ń teken van die Here af. Ek het dit ontvang terwyl ek vir my Sielkunde-eksamenvraestel voorberei het. My vriendin waarmee ek gereeld oor die Here mee gesels het die skakel aangestuur en gesê sy dink ek moet inskryf, want wat het ek om te verloor? Ek sal graag hierdie geleentheid wil gebruik om bewustheid te skep oor my potgooi met die naam van "Dinge met Dela" wat my getuienis is van as jy ń droom het moet jy aksie neem. Een van my drome en doelwitte is om ander te inspireer om te doen waarvoor hulle ń passie het. Deur in te skryf vir SARIE Voorbladgesig kan ek ń tree nader aan daardie droom neem. Baie dinge is makliker gesê as gedoen, en ek is iemand wat glo dat, indien jy passievol is en ń droom het wat die Here op jou ahrt geplaas het, jy op hom moet vertrou en die deure wat hy oopmaak moet raaksien en aksie neem.
Jou gunsteling-woord in Afrikaans?:
Hindernisbaan. Dit sê lekker, en ek voel dit beskryf hoe die lewe soms kan voel, maar dan staan jy weer op en elke keer net sterker.
3 woorde wat jou goed opsom:
Optimisties, Passievol, Dromer
