Vianca Pretorius

Dorp/Stad waar jy woon:

Klerksdorp

Beroep:

Geoktrooieerde Rekenmeester CA(SA)

Hoekom skryf jy in vir SARIE Voorbladgesig?:

Ek skryf in vir SARIE Voorbladgesig omdat ek 'n passie het vir mode en mooi aantrek. Dit is my droom om op 'n platform te kan kom waar ek my passie kan uitleef en kan wys hoe ek 'n eenvoudige uitrusting in luuksheid kan omskep. Ek maak sakke vol van my eie klere en skoene bymekaar en my droom is om eendag op my 50 ste verjaarsdag 'n nie winsgewende organisasie te kies en dan my sakke vol klere in 'n winkel by my huis te omskep (amper soos "thrifting") maar sonder betaling en dan vir minder bevoorregte meisies die geleentheid te gee om te kan kom kies wat hulle graag wil neem. My winkel se naam sal wees "Viantinos" wat 'n kombinasie is van my naam en my lewensmaat Antonio. Ek het die onderstaande gedig op my 41ste verjaarsdag geskryf wat ek opgedra het aan my moeder wat nog steeds my beste maat is wat ook my passie vir mode weerspieel en by wie ek baie geleer het.

Wake up, Dress up
Put on those red lips,
Polish those pretty nails
Move like a queen,
like when you were fourteen "14" (now "41")
Confident,
Dazzling earrings,
Occasionally, Slow down, chin up,
Take note, in your book,
Have a cup of coffee,
Set your light on fire
Stop glaring and do whatever makes you happy.

Jou gunsteling-woord in Afrikaans?:

Nostalgie

3 woorde wat jou goed opsom:

Luuks, Antiek, Ambisie

Hou van wat jy sien?

Deel op Sosiale Media