Suret Alive
Dorp/Stad waar jy woon:
Pretoria
Beroep:
Persoonlike Fiksheidsafrigter en Sosiale Media Bestuurder
Hoekom skryf jy in vir SARIE Voorbladgesig?:
Ek skryf in vir SARIE se Voorbladgesig omdat dit vir my ’n lekkerte en 'n voorreg sal wees om deel te wees van die groep pragtige, inspirerende vroue wat al die voorblad gehaal het.
Ek glo elke ervaring wat ’n mens klein bietjie bang maak, verryk en laat groei, word deel van die mooi herinneringe wat ons vir altyd met ons saamdra. Om deel te wees van hierdie ervaring sal vir my nie net ’n besondere mylpaal wees nie, maar ook iets waarna ek eendag met trots kan terugkyk.
Dit sal ook ekstra spesiaal wees om hierdie voorblad eendag vir my kinders te kan bêre as ’n herinnering aan ’n unieke ervaring én om SARIE se naam nog lank met trots voort te dra.
Jou gunsteling-woord in Afrikaans?:
Appelliefie
3 woorde wat jou goed opsom:
stil, snaaks, wys
