Tesslin van Wyk
Dorp/Stad waar jy woon:
Upington
Beroep:
Onderwyseres
Hoekom skryf jy in vir SARIE Voorbladgesig?:
Hierdie is iets waarvoor ek lankal wou inskryf en my vriendin het my hierdie jaar motiveer om dit uiteindelik te doen.
Met hierdie inskrywing wil ek bewys dat vroue steeds beeldskoon en gelukkig kan wees al het die lewe jou al konfronteer met baie uitdagings.
Ek is baie lief vir die kamera en het altyd daaroor gedroom om modelwerk te doen.
Met hierdie inskrywing wil ek bewys dat om goed na jouself te kyk werklik bydra tot hoe jy voel.
Dit is belangrik om jouself eerste te plaas en selfliefde toe te pas.
Sarie Voorbladgesig sal natuurlik 'n droom wees wat waar word, maar ook 'n kans om ander te inspireer om trots te wees op jouself en om met waardigheid uit te stap waar jy minder waardevol voel en om sterk te staan.
Jou gunsteling-woord in Afrikaans?:
Onvoorwaardelik
3 woorde wat jou goed opsom:
Opreg, Doelgerig, Viendelik
