Marinda Roos

Dorp/Stad waar jy woon:

Pretoria

Beroep:

Sakevrou en skrywer

Hoekom skryf jy in vir SARIE Voorbladgesig?:

Dit is my eerste voorblad-inskrywing. Dit het moed gekos om my naam hier neer te sit en 'n onbekende pad aan te durf.

Ek glo vroue se stemme en stories maak saak. Deur in te skryf wil ek ander vroue aanmoedig om op te staan en te onthou: dit maak nie saak waar jy vandag staan nie, jy kan altyd van voor af begin.

Elke dag maak nuwe deure vir ons oop. Gryp geleenthede aan. Ek wil wys dat ons sterker is as wat ons dink, dat ons plek het om sigbaar te wees, om gehoor te word en 'n verskil te maak in ander se lewens.

Ek wil my storie aan ander vertel. Dat jy moet opstaan, jou plek neem en dat die wêreld net nodig het wat jy kan gee. Jy hoef nie perfek te wees om waardevol te wees nie. Dat een klein stappie van moed alles kan verander.

Jou gunsteling-woord in Afrikaans?:

Hartstogtelik

3 woorde wat jou goed opsom:

Passievol, Lojaal, Dromer

Hou van wat jy sien?

Deel op Sosiale Media