Liza Hull
Dorp/Stad waar jy woon:
Gordon’s bay
Hoekom skryf jy in vir SARIE Nuwe Gesig?:
Nee ,maar familie en vriende het gedink dis tyd dis n nuwe jaar met nuwe geleenthede wat ek met oop arms aanvat Op slegs 20-jarige ouderdom bou ek aan ’n loopbaan wat modellering, eiendom en regte saambring, terwyl ek selfvertroue en egtheid in ander inspireer. My ambisie is om die wêreld te reis, internasionaal te werk en aan te hou groei in die beste weergawe van myself. Ek dra die lewensmotto: “Niemand kan jou minderwaardig laat voel sonder jou toestemming nie,” ’n beginsel waarvolgens ek daagliks leef. Vir my word ware skoonheid gedefinieer deur selfvertroue, karakter en die manier waarop jy ander mense laat voel. Met ’n passie vir mode, skoonheid, reis en persoonlike groei floreer ek in kreatiewe en sosiale ruimtes waar ek met mense kan skakel en betekenisvolle netwerke kan bou. Met my energie, dryfkrag en egtheid bewys ek dat ouderdom geen beperking is wanneer dit kom by die bou van ’n veelsydige loopbaan en die nalaat van ’n blywende indruk nie.
Jou gunsteling-woord in Afrikaans?:
vonkelwyn
3 woorde wat jou goed opsom:
selfstandig,kreatief,talentvol,, babbelbekkie, sneeuwitjie (hart soos n prinses ) volgens ander
