Jaynéke van Dyk

Dorp/Stad waar jy woon:

Pretoria

Beroep:

Finalejaar afstandstudent en aanlyn onderwyseres

Hoekom skryf jy in vir SARIE Voorbladgesig?:

Van kleins af het ek uitgestaan – langer as almal, en dikwels ongemaklik in my eie vel. Met tyd het ek besef:
dit wat my laat uitstaan, is presies dit wat my laat behoort.
Ek is jonk getroud en ’n mamma van twee seuns. My lewe is gevorm deur seisoene van verlies en groei wat my geleer het van genade en innerlike krag – en dat “genoeg wees” nie ’n bestemming is nie, maar ’n keuse wat jy elke dag maak.
Tussen studies, werk en ma-wees het ek my “Wees Net” blog begin – om vroue te herinner dat jy nie perfek hoef te wees nie.
Ek skryf in vir SARIE Voorbladgesig om ’n stem te wees vir vroue wat al ooit gevoel het hulle is te veel of nie genoeg nie.
Ek wil vroue inspireer om gemaklik te wees in hul eie vel. Jy hoef nie kleiner of anders te wees om in te pas nie.
Jy mag net wees.
En nee, ek het nog nie voorheen ingeskryf nie.

Jou gunsteling-woord in Afrikaans?:

Volharding

3 woorde wat jou goed opsom:

Sag, Sterk, Eg

Hou van wat jy sien?

Deel op Sosiale Media