Annette Grobler
Dorp/Stad waar jy woon:
Kaapstad
Beroep:
Mode Aankoper
Hoekom skryf jy in vir SARIE Voorbladgesig?:
Einde laasjaar het ek ’n vier jaar lange verhouding beëindig en in die proses moes ek nie net die stukke van my lewe optel nie, maar ook die stukke van myself. Dit het my net weereens laat besef hoe maklik ’n mens jou identiteit en menswees kan verloor deur konstant op ander mense te fokus.
Ek moes van voor af myself leerken sonder iemand anders om my identiteit aan te heg. Deur daardie proses het ek besef dat die belangrikste verhouding in jou lewe die een is met jouself.
As vroue sit ons onsself so maklik laaste. Daar is altyd iemand of iets wat belangriker voel. Maar deur my seerkry het ek geleer dat as jy nie eers jou eie blommetjie water gee nie, die hele tuin rondom jou begin vergaan.
Daarom het ek vir 'n derde keer ingeskryf, want ek wil graag saam met Sarie my boodskap met ander vroue deel: dat hartseer jou nie vernietig nie. Dit vorm jou, want jy is sterker as wat jy ooit sal glo. En dat jy, ten spyte van alles, altyd weer jou pad terug na jouself kan vind. Ek dink nie enigeiets kan dit meer simboliseer vir my as hierdie voorblad oomblik nie.
Jou gunsteling-woord in Afrikaans?:
Vlinder
3 woorde wat jou goed opsom:
Kreatief, Vasberade, Vrolik
