Anelmi Fourie

Dorp/Stad waar jy woon:

Klerksdorp

Beroep:

Onderwyseres/ Student

Hoekom skryf jy in vir SARIE Voorbladgesig?:

Ek onthou hoe ek as klein dogtertjie saam met my ouma deur die bladsye van SARIE geblaai het. As jong meisie het ek opgekyk na die vroue op die voorblad — hul selfvertroue, skoonheid en inspirerende stories het my laat droom. My ouma sou die stories agter die mense, die resepte en die artikels met my deel, en dit was oomblikke vol warmte en inspirasie.

Vandag is my ouma nie meer hier nie, maar SARIE bly deel van daardie mooi herinneringe. Vir my is SARIE soveel meer as net ’n tydskrif dit is nostalgie, inspirasie, drome, hoop en die viering van vrouwees.

Ek is ’n plattelandse meisie wat elke dag voluit leef en glo dat groot drome nie beperk word deur waar jy vandaan kom nie. As onderwyser werk ek daagliks met jong mense en sien ek hoe belangrik dit is om iemand te hê om na op te kyk. Daarom wil ek graag ander meisies inspireer om in hulself te glo, hul unieke mooi raak te sien en sonder vrees groot te droom — net soos die vroue op die SARIE-voorblaaie my as jong meisie geïnspireer het.

Om deel van SARIE Voorbladgesig te wees, sal vir my beteken dat ek nie net myself verteenwoordig nie, maar ook elke gewone Suid-Afrikaanse meisie wat droom van iets groter.

Jou gunsteling-woord in Afrikaans?:

Hoop

3 woorde wat jou goed opsom:

Goedhartig, Ambisieus, Eg

Hou van wat jy sien?

Deel op Sosiale Media