Huidrie Van Der Bijl
Dorp/Stad waar jy woon:
Durbanville, Kaapstad
Beroep:
Ek dra baie hoede — party dae letterlik ook. Ek is ’n mamma, bestuur ons familie besigheid, voorkomskonsultant, haarstilis en makeup artist… basies ’n professionele “kan jy gou net…” persoon.
Hoekom skryf jy in vir SARIE Voorbladgesig?:
Hierdie is my eerste inskrywing.
Ek skryf in vir die verlore dogtertjie wat ek eens was… en vir die vrou wat uiteindelik haar waarde begin raaksien het.
Ek skryf in vir elke weergawe van myself — die vrou, die mamma, die dromer, die een wat soms gebroke voel maar steeds elke dag opdaag.
Ek skryf in vir my twee dogtertjies, sodat hulle kan sien jy hoef nie ’n Instagram-model of perfek te wees om genoeg te wees nie.
Ek skryf in vir elke kliënt wat al voor my spieël gesit het en getwyfel het aan haarself. Want selfvertroue het niks met ’n grootte, ouderdom of filter te doen nie — dit het alles te doen met hoe jy jouself sien.
En dalk skryf ek ook in vir myself…
Want vir die eerste keer kies ék myself.
Nie omdat iemand sê ek mag nie.
Nie omdat iemand toestemming gee nie.
Maar omdat ek besluit het ek dra genoeg waarde om plek op te neem.
Jou gunsteling-woord in Afrikaans?:
Vonkel
3 woorde wat jou goed opsom:
Opreg, Eg, Kleur vol
