Mia Labuschagne
Dorp/Stad waar jy woon:
George
Hoekom skryf jy in vir SARIE Nuwe Gesig?:
Vandat ek kan verstaan wat skoonheid, grimering en modelwerk is, kyk ek nog altyd op en word geinspireer deur die modelle wat ek op televisie en tydskrifte sien. Ek het 2 jaar terug aangesluit by n model agentskap wat my selfvertroue baie gelig het. Ek het n liefde begin ontwikkel vir agter n kamera wees en gemaklikheid daarin gevind. Ek voel elke meisie het dieselfde droom, om raak gesien te word. Ek wil iemand wees wat nie net grimering en selfvertroue uitdruk nie maar ook innerlike skoonheid en karakter. n Vers wat my inspireer is Spreuke 31:10 "Sy is meer werd as edelstene." vir my beteken dit dat ware skoonheid gevind word in genade, krag, vriendelikheid en om jou waarde te ken buiten jou voorkoms. So hoop ek om n tiepe skoonheid uit te beeld wat selfversekerd, grasieus, en gegrond is in selfwaarde. Ek hoop ek kry die jaar die geleentheid en voorreg om deel te wees van die SARIE familie en om in my, en saam met die mense om my te groei.
Jou gunsteling-woord in Afrikaans?:
Besonders
3 woorde wat jou goed opsom:
Passievol, Gedrewe, Bedagsaam
