Inge Wattenbach
Dorp/Stad waar jy woon:
Warmbad
Beroep:
Bemarkingsbestuurder & Grafiese Ontwerper
Hoekom skryf jy in vir SARIE Voorbladgesig?:
Die tydskrif wat nog altyd op my ma se bedkassie lê. Die een wat sy oor die jare soveel keer oopgemaak het en gesê het: “Jy moet inskryf.” En uiteindelik vat ek die kans.
My ma het onlangs vir my hier in Warmbad kom kuier en tydens haar besoek het die nuutste Sarie-tydskrif op die koffietafel gelê en die gesprek het weer op gekom. Hierdie keer het ek myself toegelaat om dit regtig te oorweeg. Ek voel meer gemaklik met wie ek is, met my lengte, my drome en die manier waarop ek myself aan die wêreld wil voorstel.
Modelwerk en die natuur was nog altyd twee van my grootste liefdes. Van kleins af het ek aan modelwerk deelgeneem, maar met tyd het studies, werk en die lewe oorgeneem. Tog het daardie passie nooit regtig verdwyn nie. Dit het stilweg in my hart bly leef.
Ek en my beste vriendin het besluit om die uitdaging saam aan te pak, en dit het die hele ervaring soveel meer besonders gemaak. Tussen stemnotas, foto’s heen-en-weer stuur en al die opgewondenheid, het ek besef hoe kosbaar hierdie oomblik eintlik is. Soms gaan dit nie net oor die groot droom nie, maar oor die mense wat langs jou staan terwyl jy dit waag. Of in hierdie geval, dit saam met jou waag.
Partykeer begin die mooiste herinneringe net deur die kans te vat.
Jou gunsteling-woord in Afrikaans?:
Rakker
3 woorde wat jou goed opsom:
Natuurliefhebber, Grasievol, Hardwerkend
