Marlene du Toit
Dorp/Stad waar jy woon:
Hopefield
Beroep:
Grimeerkunstenaar
Hoekom skryf jy in vir SARIE Voorbladgesig?:
Ek het nog nooit vantevore vir die Sarie Voorbladgesig ingeskryf nie. Elke jaar kyk ek na almal se inskrywings en dink: “Eendag sal ek dit ook graag wil doen.”
Hierdie jaar is daardie jaar.
Ek het hierdie jaar besluit om bietjie uit my gemaksone te tree. Om vir die eerste keer voor die kamera te modelleer vir my vriendin se klerereeks en om myself meer op my grimeer-Instagramblad te wys. Daardeur het ek net weer besef hoeveel ondersteuning ek van die mense rondom my ontvang. Ek het soveel mense om my wat in my glo, soms selfs meer as wat ek in myself glo.
Ek sou dit nooit eers oorweeg het as dit nie was vir almal om my wat hierdie saadjie van hoop en geloof in my hart geplant het nie. Nou is dit tyd om ook in myself te begin glo en aan myself te bewys dat ek dinge kan doen wat ek nooit gedink het ek sou kan nie.
Wanneer ek aan die SARIE-tydskrif dink, dink ek aan al die merkwaardige vroue wat al op die voorblad verskyn het — vroue wat nie net mooi is nie, maar ook diepte het en inspirerende stories dra. Dit sal vir my ’n groot voorreg wees om deel te wees van só ’n groep vroue.
Jou gunsteling-woord in Afrikaans?:
Lekker
3 woorde wat jou goed opsom:
Spontaan, Entoesiasties, Opreg
