Kate Heyns
Dis my eerste inskrywing. Die lewe stuur vir ons almal uitdagings en dis jou plig om dit raak te sien en as geleentheid aan te gryp. Sarie is my geleentheid om verandering in my lewe in te laat. Ek is nou in matriek en het 'n intense dryfkrag om Argitektuur na skool te studeer, maar voordat ek dit doen wil ek net eers 'n verskil maak in my gemeenskap. Om hulp te kry van 'n platvorm soos Sarie, sal my wêreld kan omgooi, my drome waar maak en ek sal dit vir ewig kan koester.
