Zianca Wentzel
Dorp/Stad waar jy woon:
Pretoria
Beroep:
Grimeer kunstenaar
Hoekom skryf jy in vir SARIE Voorbladgesig?:
Ek skryf in vir Sarie Voorbladgesig omdat ek passievol is oor mode, skoonheid en selfversorging, maar nog meer passievol daaroor om mense goed oor hulself te laat voel. Ek glo ware skoonheid begin by hoe jy jouself dra, hoe jy ander behandel en hoe jy opstaan ná moeilike tye. Ek wil wys dat ’n vrou sterk én sag kan wees, ambisieus én nederig, elegant én eg. Vir my gaan dit nie net oor die uiterlik nie maar dat jou innerlike self jou maak wie jy is. Ek wil elke vrou motiveer dat jy genoeg is. En as jy nie groot genoeg droom nie bly jy in jou gemaksone.
Jou gunsteling-woord in Afrikaans?:
Hartsmens
3 woorde wat jou goed opsom:
Gedrewe, Stylvol, Spontaan
