Anell de Jager

Dorp/Stad waar jy woon:

Centurion

Beroep:

Onderwyser

Hoekom skryf jy in vir SARIE Voorbladgesig?:

Ek skryf in vir Sarie Voorbladgesig nie net vir myself nie, maar vir elke droom wat ek dra en elke hart wat ek raak.

As ’n onderwyser leef ek daagliks om kinders te inspireer om hulle drome na te volg ,om hulle te leer dat hulle méér is as hulle twyfel, sterker as hulle vrese, en waardig van elke mooi ding wat die lewe bied. Ek glo dat hoop, passie en geloof nie net woorde is nie, maar ’n manier van leef.

As ’n make-up artist sien ek daagliks hoe uiterlike skoonheid mense laat glimlag… maar ek glo vas dat ware skoonheid van binne af straal. My doel is nie net om gesigte mooier te maak nie, maar om selfvertroue aan te wakker en mense te help om hul eie lig raak te sien.

En as ’n mamma… doen ek alles met een droom in my hart: om my kinders trots te maak. Om vir hulle te wys dat jy nooit moet ophou glo in jouself nie, dat jy jou drome mag jaag …maak nie saak hoe groot of ver dit lyk nie.

Hierdie inskrywing is my kans om te wys dat ’n vrou baie rolle kan dra en steeds sag, sterk, eg en inspirerend kan wees.

Ek skryf in omdat ek glo… dat gewone vroue, met buitengewone harte, ook op die voorblad hoort.

Jou gunsteling-woord in Afrikaans?:

Lukraak

3 woorde wat jou goed opsom:

Lojaal, Passievol, Doelgerig

Hou van wat jy sien?

Deel op Sosiale Media