Monet Meyer
Dorp/Stad waar jy woon:
Bloemfontein
Beroep:
Mediese Student
Hoekom skryf jy in vir SARIE Voorbladgesig?:
Ek skryf in vir SARIE Voorbladgesig omdat SARIE vir my nog altyd meer as net 'n tydskrif was – dit is ons inspirasie. Ek bewonder die manier waarop SARIE vir vroue die geleentheid gee om hul stories, drome en persoonlikhede te vier.
Ek het al voorheen ingeskryf, en hierdie jaar voel vir my soos nóg 'n kans om myself uit te daag, nuwe geleenthede aan te gryp en deel te wees van iets besonders. Ek glo elke ervaring laat 'n mens groei.
Vir my gaan dit nie net oor die voorblad nie, maar ook oor selfvertroue, inspirasie en om ander vroue aan te moedig om ook hul oomblik aan te gryp, want #miskienisdiemyoomblik.
Jou gunsteling-woord in Afrikaans?:
Jubel
3 woorde wat jou goed opsom:
Positief, Lojaal, Opreg
