Megan Harvey

Dorp/Stad waar jy woon:

Pretoria

Beroep:

Dosent

Hoekom skryf jy in vir SARIE Voorbladgesig?:

Ek skryf in vir SARIE Voorbladgesig omdat ek glo dat elke vrou se storie die potensiaal het om iemand anders moed te gee. Ek is tans besig met my PhD in kurrikulumontwerp, met ’n fokus op die herkurrikulering van die voordiensopleiding van Afrikaans Eerste Addisionele Taalonderwysers. Ek studeer nou al vir die agtste jaar agtereenvolgens, terwyl ek voltyds werk. Dit is iets wat nie altyd maklik is nie, maar dit is iets wat my geleer het van deursettingsvermoë, dissipline en dankbaarheid.

Ek en my studieleier, Dr. Linette van der Merwe, het besluit om saam ’n kans te waag en in te skryf vir SARIE Voorbladgesig. Vir my gaan dit nie net oor ’n foto op ’n voorblad nie, maar oor die boodskap wat daarmee saamgaan, dat jong vroue groot drome mag hê en dit mag najaag, ongeag hoe uitdagend die pad raak.

Ek het ook uitdagings met my gesondheid beleef en stap steeds daardie pad, maar dit het my geleer om die klein oomblikke in die lewe meer te waardeer. Ek probeer elke dag met ’n positiewe gesindheid aanpak en glo dat ware skoonheid lê in veerkragtigheid, egtheid en die vermoë om aan te hou, selfs wanneer dinge moeilik raak.

As ek ander jong dames kan inspireer om in hulself te glo, hul studies of drome na te jaag en trots te wees op wie hulle is, sal dit vir my die grootste voorreg wees.

Jou gunsteling-woord in Afrikaans?:

Lekker

3 woorde wat jou goed opsom:

Ambisieus, Gedrewe, Vasberade

Hou van wat jy sien?

Deel op Sosiale Media