Chrisché Swanepoel
Dorp/Stad waar jy woon:
Pretoria
Beroep:
Persoonlike Assistent aan die CEO
Hoekom skryf jy in vir SARIE Voorbladgesig?:
Ek skryf in vir SARIE Voorbladgesig omdat dit vir my meer as net ’n kompetisie is, dit is ’n geleentheid om myself uit te daag, selfvertroue te bou en ander vroue te inspireer om hulself met trots en egtheid te omhels. SARIE verteenwoordig vir my styl, vroulikheid en innerlike skoonheid, en dit sal vir my ’n groot eer wees om deel van so ’n ikoniese platform te wees.
Ek het nou vir die eerste keer die selfvertroue om in te skryf. Vir baie jare het ek nie altyd my eie waarde raakgesien nie, maar ek het geleer om myself te aanvaar en met nuwe oë na myself te kyk. Ek geleer het dat ware skoonheid begin wanneer jy jouself aanvaar vir wie jy werklik is. Daarom beteken hierdie inskrywing baie vir my op ’n persoonlike vlak.
Nee, ek het nog nie voorheen ingeskryf nie. Hierdie is my eerste keer, en ek is baie opgewonde om hierdie nuwe uitdaging aan te pak.
Jou gunsteling-woord in Afrikaans?:
Egtheid
3 woorde wat jou goed opsom:
Perfeksionis, Doelgerig, Eerlik
