Denechia Kotze

Dorp/Stad waar jy woon:

Centurion

Beroep:

Hoof van Kliente Diens

Hoekom skryf jy in vir SARIE Voorbladgesig?:

Nee ek het nog nooit voorheen in geskryf nie.

Al die vrouens wat al ooit op die voorblad gesig van
Sarie vertoon het was grootendeels n besonderse
inspirasie vir alle ander vrouens daar buite. Sarie was nog al die jare die een tydskrif wat ek op my ouma se koffie tafel wou gelees het. Ek was een van die top 30 deelnemers vir Mej Suid_Afrika in 2024. My doelwit was nog altyd om vir ander vrouens, en selfs mans, my storie te kan deel oor hoe mens nie n resultaat van jou omstandighede hoef te wees nie en waar daar n wil is, is daar defnitief n weg. Dis nou n paar jaar na Mej SA waar ek tonne gegroei het, verander het, en myself gevind het in maniere wat ek nog nooit gedink het moontlik is nie. My lewe is n testament dat jy nooit moet opgee nie en altyd beter vir jouself en jou toekoms wil bereik. Om die voorblad te haal is nie noodwendig iets wat ek sal loop vertel vir almal nie maar wel vir die mense deel wat agter die voorblad lê.
Daar is altyd meer en soms net genoeg om vir ander
kleiner Denechia's hoop te gee.

Jou gunsteling-woord in Afrikaans?:

Raakvatter.

3 woorde wat jou goed opsom:

Nederig, Ambisieus, Empaties

Hou van wat jy sien?

Deel op Sosiale Media