Franzé Janse van Rensburg

Dorp/Stad waar jy woon:

Krugersdorp

Beroep:

Veearts

Hoekom skryf jy in vir SARIE Voorbladgesig?:

Ek was maar nog altyd n regte "girly girl", mal daarom om mooi te maak en met die nuutste modes te eksperimenteer. Ek sê altyd ek is die tipe vrou wat nie bang is om haar hande vuil te maak die (iets wat baie gebeur in my beroep`), maar ek hou daarvan om goed te lyk terwyl ek dit doen. As ń jong veearts wat nou ń jaar en n half haarself in die chaos van privaat-praktyk-veerts-wees bevind en 90% van die tyd in ń skroptoppie is, kry ek maar min tyd om daardie kant van myself uit te leef. Moet my nie verkeerd verstaan nie, ek rond altyd my skroptoppie af met ń treffende oorbel of nuwe grimeer tegniek, maar Sarie Voorbladgesig sal my n kans gee om n slag weer ordentlik my Vrou-wees te vier, iets wat Sarie nog altyd bekend voor was.

Ek glo ook deur hierdie platform kan ek ander vrouens inspireer om nie toe te laat dat hulle beroep of lewensdoelwitte hulle definieer die. In ń wêreld wat gou is om vrouens in boksies te plaas wil ek ń lewende voorbeeld wees dat ons in staat is om elke droom te bereik wat in ons harte geplaas is. Wie sê jy kan die ń veearts en ń voorbladgesig wees nie?

Ek het laas jaar ingeskryf en ongelukkig dit nie deurgemaak nie, maar hopelik is vanjaar my kans!

Jou gunsteling-woord in Afrikaans?:

Braaibrooodjie

3 woorde wat jou goed opsom:

Saggeaard, Vriendelik, Positief

Hou van wat jy sien?

Deel op Sosiale Media