Elizma Marais
Dorp/Stad waar jy woon:
Ceres
Beroep:
Persoonlike afrigter – fiksheid
Hoekom skryf jy in vir SARIE Voorbladgesig?:
Ek voel baie sterk oor dames se gesondheid – fisies en emosioneel. Ek werk daagliks met dames een-tot-een, terwyl ek hul persoonlik afrig in my eie fiksheid studio dmv weerstand/ krag afrigting (resistance/ strength training). Ek probeer elke dag om hul te leer hoe belangrik dit is om meer positief teenoor hulself te praat en op te tree. Om gesonder keuses te maak wat volhoubaar is en om eers na hulself te kyk, sodat hulle na hul families/ naastes kan omsien. Ek sal baie graag meer vrouens se lewens positief wil raak en nog meer lewens verander.
Ek het nog nie voorheen ingeskryf nie.
Jou gunsteling-woord in Afrikaans?:
Sielsvrede
3 woorde wat jou goed opsom:
Omgee, Energiek, Passievol
