Harri Reyneke
Dorp/Stad waar jy woon:
Rustenburg
Beroep:
Apteker
Hoekom skryf jy in vir SARIE Voorbladgesig?:
Man, want ek kan! Is 44, sover deur BAIE in my lewe en kan net hierdie as 'n positiewe ding sien. Ek is 'n enkel Mamma met 3 Pragtige kinders. My oudste seun is 22, jongste seun 17 en ou dogtertjie maar 9. Lekker groot gaps. Hahaha. Die lewe het my al te veel keer rond geskommel soos 'n brander in die see maar ek bly swem. Sien kans vir baie. Voel ek moet eenvoudig begin lewe en net inskryf. Bietjie minder werk, maar LOVE my beroep as Apteker en die mense. Is Lief vir mense, en ek moet se ek het net eenvoudig die heel beste Familie in die wereld wat my ondersteunings raamwerk is. Na 'n groot terugslag is ek gereed vir hierdie!!! So Let's give it a go! Kan niks verloor nie, net nog goeie vriende met julle maak. Groete, Harri
Jou gunsteling-woord in Afrikaans?:
Liefde
3 woorde wat jou goed opsom:
Liefdevol, Resillient, Spontaan
