Solicia Meyer

Dorp/Stad waar jy woon:

Pretoria

Beroep:

Junior Stylist

Hoekom skryf jy in vir SARIE Voorbladgesig?:

Ek is iemand wat van nuwe uitdagings hou, en ek is nog altyd gefassineer deur die mode- en skoonheidsindustrie as geheel. Ek werk ook as ’n junior stilis vir Edenmoon Productions.

Vir my is skoonheid nie net oppervlakkig nie — dit moet ook van binne af straal. Daarom geniet ek dit om betrokke te wees by ons Edenmoon-“events”, waar ons fokus op die geheelbeeld van skoonheid. Ons “Inside Out”-werkswinkels fokus op selfvertroue, selfaanvaarding en selfliefde.

Ek skryf in omdat ek glo hierdie platform kan my die geleentheid gee om meisies van my ouderdom te help wat sukkel om hulself te aanvaar.

Dit sal vir my n eer wees om die volgende Sarie Voorbladgesig te wees.

Jou gunsteling-woord in Afrikaans?:

Flambojant

3 woorde wat jou goed opsom:

Kreatief, Selfversekerd, Hardwerkend

Hou van wat jy sien?

Deel op Sosiale Media