Chanté Nieuwhof
Dorp/Stad waar jy woon:
Mosselbay
Beroep:
Eienaar: Nailté-Nails by Chanté & RagZie Clothing
Hoekom skryf jy in vir SARIE Voorbladgesig?:
Ek skryf in omdat ek glo skoonheid lê nie net in hoe iemand lyk nie, maar in hoe sy haarself dra — met sagtheid, selfvertroue en karakter. Ek is ’n selfstandige entrepreneur met ’n liefde vir skoonheid, mode en kreatiwiteit, en SARIE verteenwoordig vir my ’n moderne, elegante vrou wat steeds eg bly. Plat op die aarde en eerlik. Ek het nog nie voorheen ingeskryf nie, maar hierdie jaar voel soos die regte tyd om uit my comfort zone te klim en iets nuuts aan te pak.
Jou gunsteling-woord in Afrikaans?:
“Menswaardig” – daar is iets mooi aan die idee dat elke mens waarde dra.
3 woorde wat jou goed opsom:
Onafhanklik, Deernisvol, Bedagsaam
