Karindi Smit

Dorp/Stad waar jy woon:

Pretoria

Beroep:

Grafiese Ontwerper

Hoekom skryf jy in vir SARIE Voorbladgesig?:

Ek skryf in omdat ek voel die wêreld kort meer sagte mense wat nie bang is om groot drome te hê nie.

Onlangs het ek besef hoe kort die lewe werklik is, en hoe maklik mens kan vasgevang raak in klein denke en veilige drome. Dit het my laat besef dat ons onsself moet toelaat om groter te droom, om meer ruimte te vat vir wie ons kan wees en wat ons kan skep. Vir my voel Sarie Voorbladgesig soos ’n herinnering daaraan dat daar plek is vir elke vrou se storie, en dat drome nie beperk hoef te wees deur waar jy begin het nie. Ek wil wys dat ’n liefdevolle hart, kreatiewe gees en sagte mens ook raakgesien kan word.

Na 'n baie lang tyd het ek besluit om uiteindelik die sprong te vat en vir die eerste keer in te skryf!

Jou gunsteling-woord in Afrikaans?:

Somerreën

3 woorde wat jou goed opsom:

Stralend, Vreugdevol, Kreatief

Hou van wat jy sien?

Deel op Sosiale Media