Shandré van Zyl

Dorp/Stad waar jy woon:

Kimberley

Hoekom skryf jy in vir SARIE Nuwe Gesig?:

As ’n jong dogtertjie het my ouma altyd vir my tydskrifte gegee om te lees. Ek het altyd die beeldskone dames bewonder en daarvan gedroom om eendag daardie droom ’n realiteit vir myself te maak deur ook op die voorblad van ’n tydskrif te verskyn. Ek het voorheen modelwerk gedoen en besef dat skoonheid nie net van buite af kom nie, maar ook van binne af. Dit begin by jóú innerlike skoonheid. Ek is daardie jong dogtertjie wat daarvan gedroom het om ook “groot” te word, sodat ek vir Sarie Nuwe Gesig kan inskryf en elke jong mensie kan inspireer om ook hul drome na te jaag. Hierdie is my eerste keer wat Ek inskryf.

Jou gunsteling-woord in Afrikaans?:

Madeliefie

3 woorde wat jou goed opsom:

Sorgsaam, Optimisties, Intellektueel

Hou van wat jy sien?

Deel op Sosiale Media