Amy Erasmus

Dorp/Stad waar jy woon:

Pretoria

Beroep:

Mondhigiënis

Hoekom skryf jy in vir SARIE Voorbladgesig?:

Nee, ek het nog nooit ingeskryf vi SARIE voorbladgesig of enige iets van die aard nie, alhoewel dit nog altyd vir my verskriklik aanloklik is.

Ek wil inskryf omdat dit nog altyd vir my 'n droom was om in die publieke oog te verskyn, om n platform te hê om mense te inspireer, om iemand te wees waarna ander kan opkyk, om te bewys dat mens nie jouself hoef te verander om aan sosiale standaarde te voldoen nie, ek wil aan ander, asook aan myself bewys dat dit genoeg is om jouself te wees.
Ek wil hê ander meisies moet n stukkie van hulself in my sien en besef dat enige iets moontlik is as mens glo, en al misluk mens, tenminste het jy probeer.
En noudat hierdie droom moontlik 'n realiteit kan word, wil ek dit aangryp.

Dit sal vir my 'n eer wees om vir hierdie geleentheid oorweeg te word.

Jou gunsteling-woord in Afrikaans?:

Opvallend

3 woorde wat jou goed opsom:

Versugtig, Vrolik, Spontaan

Hou van wat jy sien?

Deel op Sosiale Media