Marina du Plessis

Dorp/Stad waar jy woon:

Worcester

Beroep:

Skoonheidsterapeut / Grimeerkunstenaar

Hoekom skryf jy in vir SARIE Voorbladgesig?:

Nee, ek het nog nie voorheen vir enige voorbladgesigkompetisie ingeskryf nie.
Ek gaan 100% eerlik wees: ek weet self nie heeltemal hoekom ek vir hierdie kompetisie inskryf nie.
’n Paar dae gelede was een van my kliënte by my vir ’n gesigsbehandeling. Terwyl haar masker op was en ek haar voete gemasseer het, het sy iets met my gedeel wat op haar hart gelê het. Ek het aandagtig geluister en haar geantwoord en bemoedig soos ek gevoel het die Heilige Gees my lei.
Toe ons klaar was en sy van die bed afklim, sê sy so terloops vir my: “Marina, jy is ’n baie mooi vrou. Ek dink jy moet vir SARIE se voorbladkompetisie inskryf.”
Ek het nie veel daarop gesê nie, want ek het vir eers nie geweet waaroor dit gaan nie.
Maar haar woorde het by my gebly. Ek het dit probeer eenkant toe skuif, maar dit het aanhou terugkom, asof ek die gedagte nie kon afskud nie. Uiteindelik het ek aanlyn gaan kyk waaroor die kompetisie gaan.
Ons het 11 jaar in Zambia gebly, en al is ons nou al drie jaar terug in Suid-Afrika, voel ek soms steeds effens uit voeling met alles.
Sondagoggend toe ek wakker word, was die gedagte weer daar.
Vandag is dit Dinsdag 12 Mei 2026, en nou skryf ek in. Nie omdat ek al die antwoorde het nie, maar ek voel ek gehoorsaam is.

Jou gunsteling-woord in Afrikaans?:

Asemrowend

3 woorde wat jou goed opsom:

Sag, Betroubaar, Liefdevol

Hou van wat jy sien?

Deel op Sosiale Media