Emma Lourens

Dorp/Stad waar jy woon:

Kaapstad

Beroep:

Persoonlike Assistent

Hoekom skryf jy in vir SARIE Voorbladgesig?:

Ek het grootgeword in die vlaktes van Namibië. Hierdie jaar het ek ’n groot sprong gemaak en permanent Kaap toe verhuis. Dit was ’n stap vol onsekerheid en angs, maar ook vol belofte.

2026 is vir my ’n jaar waarin ek nie net ’n nuwe stad en nuwe werk omhels nie, maar ook die moed vind om myself op maniere te ontdek wat ek nooit voorheen sou kon dink nie.

In my grootwordjare was daar altyd êrens in ons huis ’n SARIE, met die mooiste en mees elegante vroue op die voorblad. Vandag kyk ek met ’n dieper waardering na wat ware skoonheid beteken. Ek het geleer dat dit nie net in ’n glimlag of die glans van ’n foto lê nie, maar in die krag, sagtheid en karakter wat ’n mens uitstraal.

Ek word omring deur sterk, inspirerende vroue wat my daaraan herinner dat die mooiste skoonheid nie net dit is wat gesien kan word nie, maar ’n lig wat van binne straal – ’n Goddelike lig wat ’n mens se uiterlike op ’n besonderse manier beeldskoon maak.

Ek het nog nie voorheen ingeskryf nie, maar ek hoop om eendag self só ’n voorbeeld vir ander te kan wees.

Jou gunsteling-woord in Afrikaans?:

Samesyn

3 woorde wat jou goed opsom:

Opreg, Humoristies, Betroubaar

Hou van wat jy sien?

Deel op Sosiale Media