Dané van der Westhuizen
Dorp/Stad waar jy woon:
Durbanville
Hoekom skryf jy in vir SARIE Nuwe Gesig?:
Ek skryf weer in vir SARIE Nuwe Gesig kompetisie omdat dit van kleins af meer as net ’n droom vir my was, dit is deel van wie ek is. Vir my gaan dit nie net oor hoe jy lyk nie, maar oor groei, selfontdekking en die moed om jouself te wees. Ek sien dit as ’n geleentheid om myself uit te daag, my selfvertroue te bou en nuwe ervarings te beleef. Ek wil nie net deel wees van die glans nie, maar is ook nuuskierig oor wat agter die skerms gebeur en sien daarna uit om die kreatiewe proses van nader te ervaar. Ek is opgewonde om te groei, nuwe dinge te leer en die beste weergawe van myself te word. Ek hoop ook om ander jong meisies te inspireer om in hulself te glo en hul drome met selfvertroue na te jaag. Ek glo ware skoonheid lê in hoe jy jouself dra, hoe jy ander behandel en hoe jy aanhou groei deur elke ervaring. Ek wil nie net die droom sien nie, ek wil dit leef en my eie storie daarin skryf.
Jou gunsteling-woord in Afrikaans?:
Droomvanger , Iemand wat groot drome het!
3 woorde wat jou goed opsom:
Vasberad, Nederig, Eg
