Lynette Favero
Dorp/Stad waar jy woon:
Somerset West
Beroep:
Besigheids Eienaar
Hoekom skryf jy in vir SARIE Voorbladgesig?:
Ek wil graag inskryf omdat ek glo elke vrou se storie saak maak.
Ek is 'n harwerkende, passievolle vrou wat my eie pad stap en trots is op wie ek is en wat ek al reeds bereik het.
As eienaar van my besigheid werk ek elke dag met mense, en ek streef daarna uit om 'n verskil in ander se lewens te maak.
Ek glo in opregtheid, deursettingsvermoe en om altyd my beste te gee.
Hierdie gleentheid sal my inspireer om ander vroue te inspireer om aan hulle self te glo, ongeag waar hulle vandaan kom.
Ek wil wys dat ware skoonheid van binne af kom en dat elke vrou waardig is om raakgesien te word.
Ek is op 'n plek in my lewe waar ek regtig gemaklik is met wie ek is.
Ek glo in myself, my pad en my doel.
Die Liefde wat ek uitstraal na ander begin eers binne-in my, en dit is iets wat ek elke dag kies om te leef.
Jou gunsteling-woord in Afrikaans?:
Geloof
3 woorde wat jou goed opsom:
Selfliefde, Geloof, Egtheid
