Carla Kotze

Dorp/Stad waar jy woon:

Stellenridge

Hoekom skryf jy in vir SARIE Nuwe Gesig?:

Vandat ek ’n klein dogtertjie was, het ek elke keer wanneer ek verby ’n tydskrifrak gestap het, die SARIE-tydskrif opgetel en gewonder of ek eendag deel van dit kon wees. Vir my verteenwoordig SARIE veel meer as net skoonheid. Dit wys vir vroue dat ware skoonheid in enige vorm voorkom en dat jou waarde nie bepaal word deur hoe jy lyk nie, maar deur hoe jy oor jouself voel en hoe jy jouself dra. Ek glo dat ware skoonheid van binne af kom, dit is jou karakter en selfvertroue wat deurstraal en jou uniek maak. Ek skryf vir die eerste keer in vir die SARIE Nuwe Gesig omdat ek graag vir jong meisies ’n voorbeeld wil stel. Ek wil hê hulle moet weet dat drome wel waar word en dat jy nooit hoef voor te gee om iemand anders te wees om aanvaar te word deur die wêreld nie. Die wêreld plaas soveel druk op jong meisies om aan sekere standaarde te voldoen, maar ek glo jy moet trots wees op wie jy is, want God het elkeen van ons uniek geskape volgens Sy beeld. Ek was nog nooit die “tipiese” tienermeisie nie. Van kleins af is ek gespot omdat ek anders lyk as ander meisies, ek was altyd die langste in die graad en het gevoel dat ek nie inpas in die wêreld nie. Met tyd het ek egter besef dat ander mense se opinies van my nie my waarde bepaal nie. Vandag stap ek met selfvertroue by enige vertrek in, omdat ek my selfwaarde en my identiteit in Christus ken. Daarom leef ek volgens my gunsteling bybelvers: Niemand mag op jou neersien omdat jy jonk is nie, maar wees jy vir die gelowiges 'n voorbeeld in woord en gedrag, in liefde, geloof en reinheid. — 1 Timoteus 4:12.

Jou gunsteling-woord in Afrikaans?:

Lekker

3 woorde wat jou goed opsom:

Doelgerig, Goedhartig, Spontaan

Hou van wat jy sien?

Deel op Sosiale Media