Caitlin Knipe

Dorp/Stad waar jy woon:

Krugersdorp

Beroep:

Bedryfsielkunde Honeurs student

Hoekom skryf jy in vir SARIE Voorbladgesig?:

Ek skryf vanjaar vir die eerste keer in vir SARIE Voorbladgesug omdat ek glo dat ware skoonheid meer is as net voorkoms. Dit gaan oor wat jy in jou hart dra, jou innerlike krag en hoe jy ander behandel. Hierdie kompetisie gee gewonde Suid-Afrikaanse vroue die geleentheid om hulself te vier en ander te inspireer.

Vir my gaan dit nie net oor 'n voorbad nie, maar oor groie, herinneringe en die kans om myself uit te daag. Vir my gaan ware skoonheid oor egtheid, deursettingsvermoë en die moed om steeds jou lig te laat skyn.

Ek wil hierdie platform gebruik om ander vroue en jong dames te inspireer om hulself met trots te omhels en te besef dat hulle genoeg is. Ek wil wys dat kwesbaarheid nie swakheid is nie, maar deel van menswees.

Vir my gaan hierdie ervaring daaroor om nuwe geleenthede aan te pak, in myself te glo en ander aan te moedig om dieselfde te doen. As ek selfs net een persoon kan inspireer om meer selfvertroue in hulself te hê, sal dit vir my reeds 'n groot wen wees!

Jou gunsteling-woord in Afrikaans?:

Geluksalig

3 woorde wat jou goed opsom:

Spontaan, Opreg, Entoesiasties

Hou van wat jy sien?

Deel op Sosiale Media