Anya Human

Dorp/Stad waar jy woon:

Highlands North, Johannesburg

Beroep:

Aktrise, Grimeerkunstenaar en Drama Dosent

Hoekom skryf jy in vir SARIE Voorbladgesig?:

Ek skryf in vir SARIE Voorbladgesig 2026, omdat my ma en ‘n paar ander prominente vroue figure in my lewe my al vra om in te skryf vanaf my Matriekjaar. Nou ja julle, op byna 26 jaar oud is ek uiteindelik gereed.

Hoekom nou eers? Om eerlik te wees het ek nog nooit die selfvertroue gehad nie. Ek weet dit klink simpel omdat ek ‘n aktrise is en myself gereeld op kamera sien. Maar dit is amper altyd ‘n karakter wat ek speel. Die werklike ek is vir my nog my hele lewe ‘n ingewikkelde saak.

Ek kannie die enigste vrou/meisie wees wat die druk en intensiteit van die huidige toestand van vrouwees voel nie? Sosiale media laat my al vanaf hoërskool voel asof my gesig en lyf so veranderbaar soos ‘n video game karakter s’n is. Niks is ooit mooi of perfek genoeg nie. Ons lywe voel soms soos trends of modes wat kom en gaan. En al wat ‘n advertensie is, is gemaak om ons onsself as vroue genoeg te laat haat dat ons nou maar uiteindelik die nuwe lip-plumper of lash-lifter of hair-shaver of ens ens ens koop.

Ek is baie moeg. Ek wil net gelukkig voel oor myself. En ek is op ‘n missie om net eenvoudig myself te aanvaar. Ja – selflove is great, maar nie altyd realisties en volhoubaar nie. Ek wil net ‘n mens kan wees en nie voel ek moet ‘n aksieplan hê om 10 kilos te verloor voor Desember of ‘n glow-up te hê voor my verjaarsdag nie.

Net ‘n mens. Met plooie van stories vertel. Met glimlag lyne van al die kere wat ek met vriende lag en simpel gesigte trek. Met rekmerke en non-existent eyebrows en al die ander cool, lekker dinge wat ons regte egte mense maak.

Dit was ‘n journey. Maar ek dink ek is uiteindelik gereed. Hierdie een is vir my ma en al die awesome tannies wat nog net altyd die mooi in my gesien het, selfs wanneer ek sukkel om dit te sien.

Jou gunsteling-woord in Afrikaans?:

Gogga (ook my hondjie se naam)

3 woorde wat jou goed opsom:

Onbevooroordeeld, Onkonvensioneel, Verkleurmannetjie/Nar (Afhangend van die dag en die angle)

Hou van wat jy sien?

Deel op Sosiale Media