Carol Avenant
Dorp/Stad waar jy woon:
Pretoria
Beroep:
Bemarket
Hoekom skryf jy in vir SARIE Voorbladgesig?:
Ek doen aansoek vir Sarie Voorbladgesig omdat hierdie vir my oor soveel meer as net ‘n foto gaan. Dit gaan oor weer opstaan, weer glo, en weer die mooi in myself raak te sien.
Die laaste paar jaar het my diep gevorm. Ek het deur ‘n egskeiding gegaan, uit my droomhuis getrek en my pa verloor — ‘n verlies wat my stukkend gelaat het. Daar was dae wat die hartseer so swaar was dat ek nie eens kans gesien het om op te staan nie. Vir maande het ek net probeer oorleef.
Maar 2026 het iets in my wakker gemaak.
Op 4 Maart het ek 50 geword, en vir die eerste keer in lank het ek besef: ek wil weer lééf. Nie meer vasgevang wees in pyn en verlies nie, maar weer vreugde, lig en myself vind. Ek het 30 kg verloor, maar nog belangriker — ek het begin om myself weer raak te sien. Ek voel weer mooi. Ek voel weer sterk.
Hierdie reis doen ek vir myself. Omdat ek uiteindelik verstaan dat ek genoeg is — presies soos ek is. Daardie woorde het nog nooit soveel betekenis vir my gehad soos nou nie.
Vir my simboliseer Sarie Voorbladgesig nie perfeksie nie, maar vroue wat deur die lewe gevorm is en steeds kies om sag, sterk en mooi te wees. Ek wil deel wees van daardie storie.
Jou gunsteling-woord in Afrikaans?:
Hartsmens
3 woorde wat jou goed opsom:
Veerkragtig, stylvol, Hartsmens
