Chandeline Potgieter

Dorp/Stad waar jy woon:

Pretoria

Beroep:

Beleggingsadministrateur

Hoekom skryf jy in vir SARIE Voorbladgesig?:

Ek skryf in vir SARIE Voorbladgesig omdat ek glo dat ware skoonheid veel meer is as net ’n mooi foto, dit lê in egtheid, deursettingsvermoë en die stories wat ons elke dag saam ons dra.
Ek is ’n gewone meisie met groot drome, ’n groot hart vir mense en ’n liefde vir die klein en kosbare dinge van die lewe.
Ek leef voluit, hardloop my eie wedloop, werk hard vir my doelwitte en probeer elke dag beter wees as die vorige dag, al is dit net deur opreg myself te wees.
Hierdie reis waarop ek is het my geleer dat vrouwees nie beteken om perfek te wees nie, maar om sterk te wees in jou sagtheid. Om aan te hou op dae wat moeilik voel. Om steeds lig te kies wanneer die wêreld swaar raak. En om trots te wees op wie jy is, sonder om voor te gee.
SARIE was nog altyd vir my meer as net ’n tydskrif.
Dit verteenwoordig die moderne Suid-Afrikaanse vrou — stylvol, sterk, eg en uniek.
Om op die Augustus-uitgawe se voorblad te verskyn sou vir my beteken dat ’n gewone meisie se storie ook saak maak. Dat drome geldig is, selfs wanneer hulle stil begin en dat mens steeds kan groei in jouself al word dit in die stilte gedoen op jou eie tyd, termes en pas.
Ek wil ander jong vroue inspireer om hulself genoeg te vind nét soos hulle is. Om hul unieke lig nie weg te steek nie. Want die mooiste mense is dikwels dié wat opreg leef en probeer, liefhet met hul hele hart en aanhou droom ten spyte van omstandighede. Ek wil vir elke jong vrou daar buite wys wat moontlik is waneer mens jou hart op iets sit en ten volle daarvoor gaan. Ek maak my hart oop vir die Sarie 2026 voorblad, met die wete dat ek glad nie perfek is nie, maar ek weet ek is opreg en glo dat dit iets is wat my anders maak.

Jou gunsteling-woord in Afrikaans?:

Lag-Die woord beteken vir my ongelooflik baie, dit beteken dat jy geleef het en dat jy moeilike tye bietjie makliker gemaak het deur net te lag.

3 woorde wat jou goed opsom:

Veerkragtig, Ambisieus, Eerlik

Hou van wat jy sien?

Deel op Sosiale Media