Danelle Aggenbacht

Dorp/Stad waar jy woon:

Bloemfontein

Beroep:

Onderwys Student

Hoekom skryf jy in vir SARIE Voorbladgesig?:

Ek het nog altyd geglo dat ware skoonheid nie net in ’n foto vasgevang word nie, maar in ’n mens se storie. My lewe was nie perfek of maklik nie, maar elke uitdaging het my sterker gemaak en my geleer om myself met trots te dra.
Ek is iemand wat hard werk, groot droom en altyd probeer om lig en liefde na ander te bring. Ek glo daarin om opreg te wees en daardeur mense te inspireer om hulself te aanvaar en hul altyd hul waarde raak te sien, ongeag hul omstandighede.
Vir my gaan hierdie kompetisie oor meer as net ’n voorblad. Dit gaan oor selfvertroue, groei en die kans om ander te wys dat gewone mense ook buitengewone stories het. Ek wil graag ’n voorbeeld wees van iemand wat altyd die lig sien, selfs in die donker en voorbeeld wees wat getuig mooi van binne af begin.
Om op die SARIE-voorblad te wees sal vir my ’n ongelooflike eer wees. Nie net vir myself nie, maar vir elke persoon wat al ooit gevoel het hulle is nie goed of mooi genoeg nie. Ek wil wys dat elke mens uniek, waardevol en mooi is presies soos hulle is.

Jou gunsteling-woord in Afrikaans?:

Nederigheid

3 woorde wat jou goed opsom:

Dankbaar, Vriendelik, Sagmoedig

Hou van wat jy sien?

Deel op Sosiale Media