Nina Aucamp
Dorp/Stad waar jy woon:
Windhoek
Beroep:
Ek het BA Regte met Bedryfsielkunde en ’n LLB-graad voltooi. Ek is tans in ’n nuwe fase waar ek my loopbaan en volgende geleenthede verken.
Hoekom skryf jy in vir SARIE Voorbladgesig?:
Ek skryf in vir SARIE Voorbladgesig omdat ek dink baie vroue sit met die gevoel dat hulle teen ’n sekere ouderdom alles moet uitgefigure hê. Hoe hulle lyk, wie hulle is en waarheen hulle oppad is. Ek leer nog elke dag meer van myself, en ek dink daar is iets mooi en eerlik daarin.
Vir my gaan hierdie kompetisie nie net oor voorkoms nie, maar oor selfvertroue en om jouself die kans te gee om nuwe dinge aan te pak, selfs al voel jy nog besig om jou pad te vind. Ek het nog nie voorheen ingeskryf nie, maar hierdie jaar wou ek iets doen wat my uitdaag en my herinner dat mens nie alles klaar hoef uit te figure om jou plek in die wêreld vol selfvertroue in te neem nie.
Jou gunsteling-woord in Afrikaans?:
hartsmens
3 woorde wat jou goed opsom:
Eerlik, Doelgerig, Vriendelik
