Kayla Jansen van Rensburg

Dorp/Stad waar jy woon:

Mosselbaai

Hoekom skryf jy in vir SARIE Nuwe Gesig?:

Ek, Kayla Jansen van Rensburg, skryf vanjaar vir SARIE Nuwe Gesig in omdat dit vir my soveel meer beteken as net ’n kompetisie. Van kleins af, reeds van die ouderdom van 10 jaar oud, droom ek daarvan om eendag deel te wees van hierdie ongelooflike geleentheid. Ek het altyd gehoop dat die dag sou aanbreek en nou is dit hier om die geleentheid vas te gryp met albei hande! As ’n 16-jarige jong dame van Mosselbaai wil ek nie net myself uitdaag en groei as persoon nie, maar ook ander jong meisies en vroue inspireer om in hulself te glo. Vir my gaan hierdie kompetisie nie net oor uiterlike skoonheid nie, maar oor persoonlikheid, deursettingsvermoë, selfvertroue en die vermoë om eg en natuurlik jouself te wees. Ek bewonder hoe SARIE vroue aanmoedig om hulself met trots te dra en hulle eie unieke waarde raak te sien. Ek wil vir elke persoon herinner: jy is uniek, jy tel, jy is spesiaal op jou eie manier en jy maak saak. Ek glo dat elke mens iets besonders het om vir die wêreld te bied, en dat ons grootste krag daarin lê om onsself met selfvertroue en trots te aanvaar. Ek sien hierdie as ’n geleentheid om nuwe mense te ontmoet, my volle self te wees en nuwe lewenservarings op te doen wat my sal help om as mens te groei, asook om vir myself ’n opwindende toekoms te bou. Ek werk hard vir my doelwitte, bly positief en probeer altyd die beste weergawe van myself wees. Meer as enigiets anders wil ek vir ander wys dat niemand in kompetisie met iemand anders hoef te wees nie; die belangrikste is om elke dag beter as gister te probeer wees en in jouself te glo. SARIE Nuwe Gesig is vir my ’n nuwe ervaring, maar ook ’n droom waarvoor ek myself al jare lank voorberei. Sonder twyfel glo ek dat dit nie net ’n eerste ervaring vir my sal wees nie, maar ook ’n herinnering en lewensles wat ek vir altyd sal koester. Ek is gereed om met selfvertroue, nederigheid en trots my beste weergawe vir die wêreld te wys.

Jou gunsteling-woord in Afrikaans?:

Hartsmens – omdat dit iemand beskryf wat met liefde, opregtheid en warmte leef en ’n spesiale plek in ander se harte het. Soos wat ek elke dag nastreef om te wees

3 woorde wat jou goed opsom:

Saggeaard, Ambisieus, Dankbaar

Hou van wat jy sien?

Deel op Sosiale Media