Monique Strydom
Dorp/Stad waar jy woon:
Kempton Park
Beroep:
Onderwys
Hoekom skryf jy in vir SARIE Voorbladgesig?:
Hierdie is die vierde keer wat ek inskryf vir Sarie Voorblad gesig en die keer gaan dit nie net oor n droom nie maar n storie. Ek skryf in vir Sarie Voorbladgesig omdat ek glo dat ware skoonheid begin by egtheid en die manier waarop jy ander mense se lewens beinvloed. Ek is iemand wat diep omgee vir mense, veral kinders en ek vind vreugde daarin om kreatiewe, betekenisvolle ervarings te skep waar ander kan leer, voel en groei. My lewe het my geleer van verandering, aanpassing en innerlike groei en dit het my gevorm om sagter, sterker en meer bewus van ander se stories te wees. Ek will hierdie kompetisie gebruik as n geleentheid om te wys dat skoonheid nie net uiterlik is nie, maar ook le in karakter, veerkragtigheid en die vermoe om lig te bring in ander se wereld.
Jou gunsteling-woord in Afrikaans?:
Sielskitter: Dit voel soos daai tipe mooi wat van binne af kom. Dis nie net iemand met n mooi gesig nie maar die energie wat hulle uitstraal wanneer hulle n vertrek instap.
3 woorde wat jou goed opsom:
Warmhartig, Elegant, Dromerig
