Liza-Marié Pretorius
Dorp/Stad waar jy woon:
Rustenburg
Beroep:
Opvoeder en smaakmaker
Hoekom skryf jy in vir SARIE Voorbladgesig?:
Ek skryf in omdat ek eerstens my seuntjie en my man trots wil maak. Tweedens skryf ek in vir elke kinderhuiskind om te wys dat dit nie saak maak waar jy vandaan kom nie. Ek self kom ook uit die kinderhuis en dit is moontlik om eendag op die voorblad van SARIE te verskyn. Moet nooit toelaat dat die storms van die lewe jou sink nie hou aan roei, al raak die waters wild.
Ek skryf ook in om elke dogtertjie te inspireer wat die afgelope tien jaar voor my in die klaskamer gesit het. As ons nie kanse waag in die lewe nie sal ons nooit weet wat moontlik kon wees nie.
Ons almal is uniek geskape en ek glo dat ons stories ons nog helderder laat skyn. Daar is altyd iemand daar buite wat jou storie moet hoor, iemand wat weer hoop sal vind deur te besef dat dit moontlik is om bo jou omstandighede uit te styg.
Jou gunsteling-woord in Afrikaans?:
Ligdraer
3 woorde wat jou goed opsom:
Omgeemens, Eg, Dapper
