Stacy-Lee Skippers

Dorp/Stad waar jy woon:

Kylemore (Stellenbosch)

Beroep:

Persoonlike Assistant- Voedsel Maatskappy

Hoekom skryf jy in vir SARIE Voorbladgesig?:

Ek skryf in vir SARIE Voorbladgesig omdat ek glo ’n mens se hart en lig mooier skyn as net uiterlike skoonheid. Ek kom van ’n pragtige plaasdorpie, omring deur mooi berge, waar ek geleer het om die klein dinge in die lewe raak te sien en te waardeer. Ek is lief daarvoor om te glimlag, want ek glo ’n opregte glimlag kan iemand se dag verander en hoop gee.

Ek is ’n warmhartige, nederige mens wat baie lief is vir mense. Ek probeer altyd lig en vriendelikheid versprei waar ek gaan. As mense my sien glimlag, wil ek hê hulle moet welkom, gelukkig en spesiaal voel. Vir my gaan hierdie kompetisie nie net oor ’n voorblad nie, maar oor die kans om ander te inspireer om hulself lief te hê, met selfvertroue te leef en altyd goedheid uit te straal.

Ek het nog nie voorheen ingeskryf nie, maar ek sien hierdie as ’n besondere geleentheid om my storie te deel en te wys dat ware skoonheid van binne af kom.

Jou gunsteling-woord in Afrikaans?:

DANKIE

3 woorde wat jou goed opsom:

Liefdevol, Nederig, Stralend

Hou van wat jy sien?

Deel op Sosiale Media