Stacy- Lee Skippers

Dorp/Stad waar jy woon:

Stellenbosch (Kylemore)

Beroep:

Persoonlike Assistant- Voedsel Maatskappy

Hoekom skryf jy in vir SARIE Voorbladgesig?:

Ek skryf in vir SARIE Voorbladgesig omdat ek glo dat ’n mens se glimlag en hart mense kan inspireer. Ek het ’n groot liefde vir mense en ek probeer altyd lig en positiwiteit bring waar ek gaan. Ek is baie nederig en kom van die pragtige plaasdorpie Kylemore, waar ek grootgeword het met waardes van liefde, omgee en respek vir ander.

Ek wil graag wys dat ware skoonheid van binne af kom — deur vriendelikheid, omgee en ’n goeie hart. As mense my gesig sien, hoop ek hulle voel welkom, geïnspireer en gelukkig.

Dit is my eerste keer wat ek inskryf, en ek sien dit as ’n geleentheid om myself te ontwikkel, nuwe mense te ontmoet en ander jong mense aan te moedig om in hulself te glo.

Jou gunsteling-woord in Afrikaans?:

DANKIE

3 woorde wat jou goed opsom:

Liefdevol, Nederig, Stralend

Hou van wat jy sien?

Deel op Sosiale Media