Doné Smit

Dorp/Stad waar jy woon:

Pretoria

Beroep:

Visuale Kommunikasie Ontwerper asook Navorser in produk ontwikkeling vir Autisme

Hoekom skryf jy in vir SARIE Voorbladgesig?:

Ek het in 2023 ingeskryf op die ingewing van die oomblik. As ek eerlik is, skryf ek nou in 2026 in omdat ‘n vriendin my aangemoedig het. Daar is vir my iets besonders in vrouens wat mekaar oplig, aanmoedig en liefhet!

Ek glo die Voorblad gesig is elke jaar ‘n inspirasie. Dit is nog meer vir my ‘n inspirasie as dit iemand “normaal” is wat lig en lewe in hulle oë dra – Iemand wat ‘n storie het om te vertel. Iemand wat verteenwoordig dat “vrouwees” bestaan uit soveel meer as hoe mens lyk. My ma het my geleer dat styl mens vooruit gaan. Om tydloos te wees is iets wat mens nie kan koop nie. Ek het by haar geleer om lekker te lag, om jou hart op jou mou te dra en dat sterk vrouens dié is wat die wêreld kleurvol maak. Maar ek is ook die somtotaal van nog vroue in my lewe – My sussie leer my hoe mooi dit is om konstant te wees, asook om voluit te leef. ‘n Vriendin het my geleer dat bid vir mense die grootste geskenk is wat jy kan gee, en iemand anders het my leer heuning in my tee drink. ‘n Ander vriendin het my leer chicken stock in my kos gebruik, en nog een pluk altyd vir my blommetjies as sy by my kom kuier. ‘n Ander tannie het my geleer om baie boeke te lees, en iemand anders het my leer joernaal hou.

Ek glo ek is ‘n storieverteller, en ek het ‘n paar stories om te deel. Groot fondasie van alle stories is die impak van mense op ander se lewens – En die inspirasie wat dit inhou! Aansporing om groot te droom, en die abnormale roetes te volg. Om radikaal lief te wees vir mense, en ander te wil aanhits om ook te droom.

Ek skryf in want iemand anders glo diep in my – Hoe mooi? Hoe anders dan?

Jou gunsteling-woord in Afrikaans?:

Genoegsaam

3 woorde wat jou goed opsom:

Innoverend, Intensioneel, Opreg

Hou van wat jy sien?

Deel op Sosiale Media